As die koue sy rypklou uitsteek …

As jy so tussen die plase ry en jy sien ’n oor­maat tweedehandse Dunlops al om die aartap­pellande, dan weet jy – hiérdie boere maak reg vir daardie wit kristalletjies wat vroegmôre uit die lug val.

Maar weet ons regtig wat ryp is en hoe dit gevorm word? Daar bestaan ’n hele paar mites soos dat ryp gevriesde dou is. Maar laat ek maar die ‘mythbuster’ wees! Die feit is –  ryp is nié dou wat gevries het nie. Dit is nog minder oppervlakwater op blare wat gevries het.

Gevriesde dou en water lyk heeltemal anders as ryp.

Daar is hoofsaaklik twee tipes ryp:

  • Swartryp gaan hoofsaaklik met redelike sterk winde en temperature onder vriespunt gepaard. Wolke mag teenwoordig wees.
    Temperature daal vinnig weens ’n laag yskoue lug wat ingewaai word en dan nog verder afkoel weens energieverlies. Uitein­delik daal temperature só laag dat die selsap van plantselle vries en bars. Geen ys is op die plante teenwoordig nie, omdat die lugvog naby die grondoppervlak te laag is. Die volgende oggend as die son begin skyn, sien ons donkergroen tot swart gekleurde plante en blare. Dit is swartryp.
  • Witryp word hoofsaaklik tydens wolklose nagte en sonder wind gevorm. Tempera­ ture daal vinnig weens uitstraling vanaf die aardkors. Die aarde verloor met ander woorde energie en gevolglik koel die hoog­ ste lug die vinnigste af.. Wanneer witryp egter voorkom, vind die omgekeerde plaas, naamlik dat die lug naaste aan die grondop­ pervlak die vinnigste afkoel en temperature onder vriespunt bereik. Indien die humiditeit hoog genoeg is, sal die ‘ryppunt’ ook relatief hoog wees, maar laer as 0ºC. Hoe laer die humiditeit (droër) hoe laer die ‘ryppunt’.
    Die ‘ryppunt’ is die temperatuur wat die lug moet bereik om atmosferiese vog te laat vries (nie kondenseer). Kondensasie na water, in hierdie geval, is dou. Witryp is dus die oorgang van atmosferiese vog vanaf die gasfase (vog) direk na die vaste fase, naamlik yskristalle. Yskristalle vorm in die lug, Noudat die winter in alle erns hier is, is daar ’n paar benoude boere -veral as die gesprekke om temperature onder vriespunt draai! En natuurlik verwys ek hier ook na die gevreesde winterverskynsel van RYP. gewoonlik rondom bakteriekerne, maar word ook op plantoppervlaktes en ook grond­oppervlakte gevorm. Witryp is altyd kristalle en nie gevriesde water of dou nie. Witryp kan met sneeu vergelyk word. Nes ryp is sneeu nie reëndruppels wat vries nie. Reëndruppels wat vries is hael.

Voorkoming van witryp met chemikalieë Yskristalle word gewoonlik rondom bakte­rie kerne in die lug of op plant­ en grondop­pervlaktes gevorm. Indien die aantal bakterieë verminder kan word deur bakteriedoders soos COPSTAR 120 SC op plante te spuit, sal die ryp  ook ‘ligter’ wees, tot by ’n minimum tempera­ tuur van ongeveer ­2ºC. By laer temperature as dit, sal chemikalieë nie help nie.

In sommige Europese lande en in Amerika is  dit redelik algemeen om koperswam­ doders te gebruik. COPSTAR is in  Suid­Afrika ook suksesvol tot  en met ­2ºC gebruik, veral op  aartappels en sitrus.