Blaarvoeding, Herfs Kommandowurmskade en Versuipingstoestande

  • Comments Off on Blaarvoeding, Herfs Kommandowurmskade en Versuipingstoestande

Deur Willem Eigenhuis

 

1. Die koms van die Herfs Kommandowurm

 

Plante onder stremming bereik nie hul volle kapasiteit nie. Produsente is bekommerd oor twee faktore wat moontlike stres op plante plaas en gevolglik permanente skade kan aanrig. Versuiping en die herfs-kommandowurm wat vandeesmaand sy verskyning in dele van die land gemaak het.

Die wurms is reeds opgemerk in groot dele van Suid Afrika, soos die Noordwes, KwaZulu Natal en areas in Limpopo en Mpumalanga. Hulle teiken hoofsaaklik wit mielies en suikermielies. Aktiewe wurmaktiwiteit is selfs op volwasse mielies, met 16% vog voor stroop, gevind.

Alhoewel mielies hul voorkeurgewas is, kom gewasse soos koring, grondbone, gars, gras en voergewasse, asook groente soos soetrissies, spinasie en die kool, in die spervuur.

Kommandowurmskade versprei nou al sover as die Demokratiese Republiek van die Kongo, met bykans 63000 hektaar se mielies wat tot nou toe geaffekteer is. Selfs in Botswana se Panamatenga distrik, moes lande omgeploeg word nadat hierdie plaag totale oeste vernietig het. Hierdie pes moet nou pro-aktief bestuur word om te keer dat dit volgende jaar se oes belemmer en om geaffekteerde gewasse so gou as moontlik gesond te kry.

Kontak jou naaste Laeveld Agrochem-agent vir meer inligting en advies.

 

2. Die beheer van plantstremmingstoestande met spesiale verwysing na die agelope week se oormatige reën in die Noordelike graanproduserende streke van die land.

Alle plante kom onder stremming in hulle groeiseisoen. Veral onder droëland-toestande is die groei-toestande van plante nie altyd optimaal nie. Daar bestaan hipoteses oor verskeie tipes insekte en aanvalle, wat op verskillende tipes plante en onder varierende stremmingstoestande voorkom. Verskillende insekte is aangepas om stremmingssimptome op plante te identifiseer en sogenaamde swakker gene (plante onder stremming) uit die ekosisteem te verwyder.

 

 

Onder vogstremming, byvoorbeeld, sal verminderde vog in blare, stysel en koolhidrate voorkom. Lae ligtoestande kan weer lei tot verminderde, opgelosde suiker en verhoogde stikstof- en vogvlakke in blare. Blaarvoeders, soos die Herfs-kommandowurm, sal plante teiken in droogtestremming, waar stikstofvlakke in die blare ook hoër sal wees om sodoende hulle eie oorlewing te verseker.

Seisoenale en veranderende toestande kan insekte na plante lok of plante laat vermy, afhangende van hulle oorlewingsbehoeftes. Agri Technovation se  die spesiale blaarontledingstegniek ITESTLeaf, wat binne Laeveld se Decision farming beginsels val, kan ingespan word om plantgroei en vordering, asook voedingsstremming oor die fenologiese stadiums in die groeiseisoen, te help definieer.

2.1 Versuipingstoestande gedurende die groeiseisoen

Wat gebeur in my plante en grond tydens versuipingstoestande ?

Moontlike skade wat versuipingstoestande kan veroorsaak hang af van die tyd, in ure, wat gronde versuip is, asook die fenologiese stadium waarin dit gebeur het. Versuipingstoestande word gedefinieer deur n kondisie in die grond waar te veel water die gas- en suurstofbeweging in die grond keer. Wortelweefsel kry nie genoeg suurstof nie en mikro-organismes verbruik binne 24 uur die orige suurstof op. As versuipingstoestande nie langer as 48 uur aanhou nie, behoort oesskade beperk te wees.

In suurstofarme gronde word toksiese substanse geproduseer soos sulfiedes en bottersuur. Ystervlakke in blaarweefsel skiet ook gewoonlik die hoogte in. Respirasie is die plant se fisiologiese proses wat die meeste sensitief is teenoor versuipingstoestande. Afname in suurstof in die grond lei tot vermindering in totale wortelvolume, minder opname van vog en voedingstowwe. Onmiddelik neem blaarverlenging af, asook N,P en K konsetrasies in die blare, maar in die wortels verhoog die N,P en K konsentrasies.

Verlaagde suurstofinhoud en verminderde mikrobiale aktiwiteit sal beskikbaarheid van minerale benadeel. Dit impliseer die beskikbaarheid van ammonium en nitrate wat aan plante verskaf  word. Mikorisa aktiwiteit, wat simbiotiese fosfaatopname help dryf, word direk benadeel. Stikstofbeskikbaarheid word deur loging en denitrifikasie beinvloed. Waar stikstofverliese betekenisvol voorkom word, in lande wat nog nie in blom is nie, en die opbrengs potensiaal redelik is, sal mielies nog reageer op adissionele stikstof toedienings.

Navorsing dui daarop dat mielies wat in blom is en hoë stikstof vlakke het, geen skade in opbrengs lei nie. In die R2 of blasie stadium het mielies al 10% van hulle droëmassa in die koppe gevorm.  As versuipingstoestande van 96 uur in gronde voorkom, kan tot 16% oesverliese gelei word by lae stikstofvlakke in mielies. Gronde kan tot 75% van hulle stikstof verloor waar dit vir 5 dae versuip was.

Wat kan ons doen?

2.1.1. Mielies is dalk te groot om te skoffel en suurstof in die grond in te kry. Maar enige deurlugtingsaksies doen gewoonlik n redelike wonderwerk.

2.1.2. Sonlig en afdroog van lande is nou noodsaaklike vir wortelsisteme om weer aktief te kan raak.

2.1.3. Mielies met waterstremming, kan bespuit word deur die volgende metodes :

  • Hoogloopspuit teen 200 liter water per hektaar met 3kg Maize-to-Grow en 2 liter Flamma.
  • Vliegbespuiting teen 30 liter water per hektaar met 1 kg Maize-To-Grow en 1.5 liter Flamma.

Enige voedingsstremming moet met ITESTLeaf bevestig word om raaiery uit te skakel.

2.1.4. Mielielande met lae stikstofvlakke kan ekstra stikstof bemesting gegee word afhangende van die tekort.

Kontak gerus jou Laeveld Agrochem-agent en Agri Technovation landboukundige om jou te help om die stremmings toestande te help oorbrug op jou plaas.