Laeveld Agrochem is sedert 1991 aktief as 'n landbou-ondersteuningskrag in die Noordelike- en Oostelike gebiede van Suider Afrika.
Landbou-ondersteuningskrag
Vennootskappe en samewerkingsooreenkomste het daartoe gelei dat Laeveld Agrochem vandag in feitlik alle provinsies direk of indirek verteenwoordig is, en dienste verskaf.
Saam boer ons vooruit!
Laeveld Agrochem het onstaan as 'n netwerk van chemiese Agente vir sekere Multi-nasionale/Internasionale navorsingsgedrewe chemiese prinsipale.
Uitgebreide handelsnetwerk
Vandag bied Laeveld Agrochem veel meer. Besigheid het ontwikkel vanaf verteenwoordigende agentskappe tot 'n volwaardige handelaarskap wat tans 'n verskeidenheid produkte en dienste aanbied.
Laeveld Agrochem het toegang tot die land se grootste reeks gewasbeskermingsprodukte waarvan die meeste gerugsteun word deur multinasionale maatskappye