Laeveld Agrochem | Lowveld Agrochem

Algemene Navrae: 012 998 5909 of info@laeveld.co.za

Tue,18Jun2013

Nylstroom
Elfranco Maré
Contact
  • This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  • 014 717 5271/2
  • 086 603 6295
  • 082 875 7245

Vir 'n volledige ontleding en sak-pas aanbevelings van hoe om die beste opbrengs uit u oes te haal kontak gerus vir Elfranco.

Meer oor Elfranco Maré

Elfranco is in 1979 gebore en het op Tuinplaas, op die Springbokvlakte, as plaaskind grootgeword. Hy het sy skoolloopbaan by die plaasskooltjie, L/S Tuinplaas, afgeskop en gematriekuleer by H/s Hans Strijdom te Naboomspruit.

Met die sterk landbou-agtergrond van ‘n plaaskind en die opvoeding in ‘n boeregemeenskap, besluit hy toe om landbou te gaan studeer. In 2001 verwerf hy sy Landbou Diploma in Gewasproduksie-bestuur en word aangewys as die Beste Landboustudent van die jaar.

Na die voltooing van sy studies en AVCASA akkreditasie, het hy sy toetrede tot die landbou chemiese bedryf gemaak. Hy vestig hom op Nylstroom, waar hy op die Springbokvlakte en omgewing, ondervinding op gedoen het in verskeie landbougewasse en -praktyke. Die area leen hom veral daaraan toe om te spesialiseer in “minimumbewerking-strategie ("no-till") en intensiewe aartappel- en tabakverbouing. Hy het besluit om by Laeveld Agrochem aan te sluit, omdat hulle reeks produkte en tegniese ondersteuning, beter gepas is vir sy betrokkenheid by al die intensiewe besproeings-gewasse. 'n

Woord van Elfranco:

"Ek is getroud met Eulene en ons is geseën met die mooiste dogtertjie, Neline. Ons is nie mense vir stilsit en kyk nie en geniet aktiwiteite soos watersport, 4x4 en Cheetah-rugby. My groot droom is om eendag my vlieglisensie te kry. Maar bo dit alles, poog ons daarna om elke dag so te lewe dat ons Hemelse Vader daardeur verheerlik kan word."

''Die landbou is nie net 'n liefde nie, dis vir my 'n passie. Elke kliênt se plaas voel soos my eie en daarom gee ek my 100% vir elkeen van hulle. Dit is 'n voorreg om betrokke te wees by, na my mening, van die beste boere in die land, nl die Vlakteboere, die Turf-tone."

Areas: Nylstroom, Vaalwater, Alma, Tuinplaas, Roedtan en Warmbad.

 

Fields marked with * are required.

Captcha imageReload image