Laeveld Agrochem | Lowveld Agrochem

Algemene Navrae: 012 998 5909 of info@laeveld.co.za

Home Reading Matter • Leesstof Testimonials Testimonial 6

Wed,19Jun2013

Ek is nuut aangestel by Laeveld Agrochern as 'n leerling agent.

Ek dink laeveld Agrochem het weereens die standaard gestel met die opleiding van nuwe agente, ek het nog van geen ander maatskappy gehoor wat die benadering het nie. Ek werk 'n week of twee sa am met elke agent in Laeveld Agrochem en ook in verskillende areas, nie net om blootstelling te kry aan die verskillende gewasse nie maar ook om te sien wat elke agent se benadering is.

Ek was vroeg die jaar op die pad na die Vrystaat toe waar ek gesien hoe jy regtig met mielies boer! Dis nou iets om te beleef, dit is ongelooflike groot plase, en ons agente moet rond spring.

Ek was ook in Marble Hall waar ek meer te doen gehad met sitrus en druiwe, en ook ander gewasse waarvan ek geen kennis gehad het nie en die manne het my darem vinnig reg gehelp.

Daar was ook 'n wonderlike tyd in Nelspruit vir my waar ek ook Lydenburg en Hectorspruit besoek het, wonderlik om te sien hoe die hoof gewasse verander van area tot area, in 'n afstand van 80km verander dit van tropiese gewasse na graan gewasse.

Daar was ook tyd span deer sa am Bayer met hulle proefevalueering, nuwe molekules wat vir registrasie doeleindes geproef word en ook ou chemie vir 'n breespektrum.

Van hier was ek na die manne met die groente, Tarlton en Brits. In Tarlton het ek plase gesien in die middel van Krugersdorp en JHB. In Brits is hulle besig om ook sitrus te verbou en uit te brei. Daar koop jy nie turf grond nie jy erf dit In Nylstroom is dit baie anders daar is maar min water, maar deur die genade van bo kom ons boere deur die jaar. In Pietersburg of eintlik Botswana, het ek wonderlike tyd gehad en was dit 'n baie goeie manier om die opleiding af te sluit. Wonderlike dinge gesien en ervaar!

Ek was op wonderlike plase en het uitstekende boere en mense ontmoet, Laeveld Agrochem se agente is tops, dis hoekom Laeveld Agrochem die leier in landbou chemlkaliee en landbou advies is.

Ek wil vir almal dankie se vir jul gasvryheid die koffies, beskuit, koeldrank en water! Ek wil die meeste dank a an al die boere gee wat help om laeveld Agrochem aan die gang te hou1 en vir my die wonderlike geleentheid moontlik te maak. Saam boer ons vooruit.

- Devan Flemming