Markrevolusie in aksie
Een van Syngenta se vernaamste prestasies die afgelope paar jaar is ongetwyfeld die ontwikkeling van gewasproduksieprogramme vir aartappels, mielies, veselperskes en koring.
Sedert Syngenta Suid Afrika die eerste land wêreldwyd geword het om Aartappelgewasoplossing mark toe te bring, is produsente reeds teen dié tyd goed vertroud met Syngenta se verskillende PotatoPack™-oplossings wat verhoogde aartappelproduksie tot gevolg het.
Die PotatoPack is vandag ‘n voorkeurproduk vir produsente – trouens, 20% van alle aartappelaanplantings word tans met hierdie oplossing beskerm.
Toonaangewende navorsing en ontwikkeling
Syngenta het die afgelope 10 jaar reeds meer as nege miljard dollar aan navorsing en ontwikkeling bestee – trouens, die 5 000 personeel wat vir hierdie doel aangewend word, ondersoek jaarliks 200 000 nuwe molekules.
Syngenta se revolusionêre PotatoPack is die resultaat van deeglike navorsing en proewe wat dwarsoor Suid-Afrika gedoen is. Meer nog, die resultate van Syngenta se meer as 30 plaaslike proewe toon ‘n beduidende hoër gemiddelde opbrengs van 6 ton per hektaar. Dit is dus duidelik waarom Syngenta se PotatoPack ‘n paradigmaverskuiwing verteenwoordig: Ons produsente kyk ánders na volhoubare aartappelproduksie.
Hierdie vindingryke program integreer spesifieke kombinasies van aanwendings volgens die plant se fisiologiese eienskappe – sodoende word verseker dat die verskillende sistemiese en kontakmiddels mekaar doeltreffend komplementeer vir optimale pes en plaagbeheer, en terselftertyd die plant se gesondheid te bevorder.
Die PotatoPack bevat die korrekte voorkomende oplossings om siektes en insekte te beveg – dít alles bevorder risikobestuur, gesonder plante, verlengde vegetatiewe groei en, natuurlik, vehoogde opbrengs.
Nuwe chemie, maksimum resultate
Revus®, Syngenta se nuutste oplossing om laatroes op aartappels in sy spore te stuit, sal ook later vanjaar beskikbaar wees in die PotatoPack. Revus het tydens 2010 Euroblight se toekenning ontvang het as die beste swamdoder in sy klas. Gaan lees gerus meer op www.euroblight.net

Bekendstellingsfunksies vir Revus is reeds landswyd onderweg. Vir meer inligting oor die produk, besoek gerus www.revus.co.za
Optimale potensiaal
Die vindingryke Aartappelpak verpersoonlik revolusionêre navorsing - ‘n markrevolusie in dié sin dat aartappelprodusente groter oeste met kleiner aanplantings kan lewer. In eenvoudige taal gestel: Syngenta se Aartappelpak het suksesvol daarin geslaag om die waarde van landbougrond - een van die produsent se belangrikste bronne - te herstel.
Die Aartappelpak is beduidend dat Syngenta die taal van plante verstaan en bied produsente ongetwyfeld die reuse bestuursvoordeel om progressief te boer.
Reading Matter • Leesstof