Laeveld Agrochem | Lowveld Agrochem

Algemene Navrae: 012 998 5909 of info@laeveld.co.za

Home Reading Matter • Leesstof Articles • Artikels DICARZOL® - VIr die beheer van blaaspootjie in sitrus

Thu,23May2013

DICARZOL® - VIr die beheer van blaaspootjie in sitrus

DICARZOL® word reeds vir baie jare as die standaard produk beskou deur sitrusboere vir die beheer van blaaspootjie en wel om die volgende redes hieronder.

DICARZOL het die vinnigste uitklop-aksie van al die geregistreerde produkte teen blaaspootjie. Blaaspootjies raak onaktief binne enkele ure na toediening en voed nie meer nie. DICARZOL is dus die produk wat by uitstek geskik is om ’n hoë besmetting van blaaspootjie blitsvinnig onder beheer te bring.

DICARZOL het van die langste nawerking van al die produkte geregistreer vir die beheer van blaaspootjie. Tipiese lengte van beheer wat verkry word is 4 – 6 weke. Dit gee aanleiding tot die feit dat DICARZOL die laagste prys per week van beheer bied as enige van die kompeterende produkte. Ander geregistreerde produkte kos tussen 32% en 300% meer per week van beheer, alhoewel die prys van die kompeterende produkte per 100 liter water op die oog af laer is as die van DICARZOL.

DICARZOL bied ’n lae risiko van bestandheid. Die rede hiervoor is die feit dat dit ’n dubbele meganisme van werking het. Dit beteken dat die formetanate molekule in werklikheid 2 verskillende meganismes van werking bied: Een as karbamaat en die ander as formamidine. Indien blaaspootjies bestand sou raak teen die een meganisme van werking, bly die ander meganisme nogsteeds doeltreffend. Dit word in die volgende diagram geillustreer:

Lees volledige artikel...