Deur Phillip Venter en Jaco Vorster
Merkbaar sterker bome en geen vrektes in sy nuwe plantasie nie laat ’n plantasie-eienaar met nuwe oë na mikro-elemente kyk.
Mnr. Remo Reinstorf is die vierde geslag wat sedert die 1900’s in die distrik Piet Retief bome verbou. Hy en sy broer mnr. Louis Reinstorf het nog ongeveer 1 000 ha plantasie in private besit waarvan 400 ha aan Remo self behoort. Tot onlangs het hy saam met sy broer ’n kwekery bedryf wat tussen 5 000 en 6 000 saailinge per jaar produseer, vir eie gebruik en ook vir ander boere in die omgewing. Louis bedryf tans alleen die kwekery.
Een van die probleme van die bosboubedryf is dat tussen 5% en 7% van die boompies in die saailingstadium vrek en dat swakker boompies uitgeplant word. Swartwattelbome is ook gevoelig vir skade weens koue (ryp) in die winter.
Bome word normaalweg versorg totdat hulle sowat 1,8 m hoog staan waarna die bome moet staatmaak op voedingstowwe wat natuurlik in die grond voorkom. Enige tekorte in hierdie stadium kan tot swakker volwasse bome lei, wat ’n wesenlike impak op hul inkomste kan hê.
Die lande word voorberei deur dit ongeveer 720 mm diep met ’n skeurploeg te bewerk.
Dan word die saailinge geplant met 100 g 4:3:4 (Zn-oksied) 33% per boom. Vanweë die probleme en verliese wat in hierdie mededingende bedryf gely word, het Remo Zinchem genader omdat hy gemeen het hulle benut nie die volle potensiaal van hul grond nie. Grondmonsters is geneem en gestuur vir ’n volledige ontleding van die huidige voedingstatus van sy mikro- en makroelemente in die grond.
Daar is gevind dat makro-elemente geredelik beskikbaar is vir die bome, maar die grond het ’n groot tekort aan mikro-elemente gehad, veral sink (Zn), mangaan (Mn) en koper (Cu). Op aanbeveling van Zinchem is daar in verhouding ná die toediening van sy makro-elemente ’n regstelling gedoen met sinksulfaat-monohidraat, mangaansulfaat en kopersulfaat. ’n Regstelling in dieselfde verhouding is ook in die kwekery gedoen. Hierdie sulfate is 100% wateroplosbaar en dus onmiddellik beskikbaar vir die boom.
Remo sê: “Sedert ek kan onthou, is dit die eerste keer dat ons regstellings van mikro-elemente gedoen het. Dit is ook die eerste keer dat ons geen vrektes in die kwekery gekry het nie.” Die saailinge is sterker en vertoon ook gesonder. Met die regstellings wat in dieplantasies gedoen is, kan ’n duidelike verbetering
in die groeikragtigheid van die bome waargeneem word. Bome het heelwat dikker stamme vergeleke met bome wat nie met Zinchem se mikro-elemente behandel is nie.
Hy sê ook hy kon duidelik hierdie seisoen sien dat die skade weens koue (ryp) aansienlik minder is by die bome wat met Zinchem se mikro-elemente behandel is as dié wat nie die behandeling gehad het nie. Die twee foto’s hiernaas is 47 dae uitmekaar geneem. Remo is uiters beïndruk deur die resultate wat behaal is met die regstellings met Zinchem produkte. Hy sal dit altyd aanbeveel by medeboere. Hy gaan vir die komende seisoen die grondontledings uitbrei en verdere regstellings doen soos deur Zinchem aanbeveel word.
Zinchem het ’n multimikro-elementproduk spesifiek vir die bosbou geregistreer. Dit bevat Zn, Cu en Mn in die verhouding waarmee die uitsonderlike sukses by Remo behaal is. Die bosbouproduk (reg.nr. B4220, Wet 36 van 1947) is reeds beskikbaar. Dit maak deel uit van ’n reeks nuwe kombinasie-mikroelementprodukte wat pas deur Zinchem bekend gestel is, genaamd multi-mikro.
Zinchem besef dat boere lank wag om boompies van kwekerye te kry. Hulle kan ook nie bekostig om enige verliese in hul nuwe plantasies te hê nie. Benewens die koste om nuwe bome in te plant, weet ons dat die ingeplante bome nooit dieselfde groei as die ander nie. Dit maak die bestuur van die plantasie in die toekoms moeilik. Zinchem meen enige plantasie of boord wat aangeplant word, insluitende vrugteboorde en selfs wingerde, kan baat vind by sy nuwe multimikro-elementproduk vir die bosbou. Die reeks produkte is bowendien uiters bekostigbaar.
Mnr. Philip Venter is besigheidseenheidsbestuurder en mnr. Jaco Vorster is ’n verteenwoordiger by Zinchem.
Navrae: Skakel 011 746 5000 vir navrae en inligting oor die naaste verspreidingspunt
Reading Matter • Leesstof