MOVENTO® deur Bayer CropScience
Uitstekende Dopluisbeheer
Die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf is die tweede grootste uitvoerder van vars sitrus in die wêreld naas Spanje. Dit alleen is ’n merkwaardige prestasie aangesien Suid-Afrika maar die 14de plek in globale sitrusproduksie bekleë. ’n Totaal van 64 persent van alle sitrus in Suid-Afrika is bestem vir die uitvoermark, dus is die suksesvolle produksie van bemarkbare vrugte vir die uitvoermark van kardinale belang vir die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf.
Reading Matter • Leesstof 



