Laeveld Agrochem | Lowveld Agrochem

Algemene Navrae: 012 998 5909 of info@laeveld.co.za

Home Reading Matter • Leesstof Blog Displaying items by tag: mikroelemente

Tue,21May2013

Mikro-elemente verstom mielieboere

Deur Phillip Venter en Jan Viljoen

Verbysterende resultate is behaal met die gebruik van Zinchem se produkte saam met ’n kombinasie mikro-elemente in ’n proef met mielies Noordwes.

Mielieplante onttrek makro- sowel as mikro-voedingselemente uit die grond tydens hul produksiesiklus. Die MVSA (Misstofvereniging van Suid-Afrika) se bemestingshandleiding gee volledige besonderhede daaroor. Hoe kan ons dan verwag om produksie te handhaaf en selfs te verbeter as ons jaar ná jaar slegs stikstof (N), fosfaat (P), kalium (K), miskien ’n bietjie swael en kalk, en af en toe ’n mikro-element of twee in die grond terugplaas? En dan gewoonlik net as die geldsake dit toelaat. Om optimale opbrengs te realiseer, is dit belangrik om te weet dat die plant se potensiaal bepaal word deur die beskikbaarheid van die mees beperkende element (Liebig se wet). Dit beteken dat ’n tekort aan ’n sekere element, byvoorbeeld sink, nie reggestel kan word deur die toediening van ’n ander element, soos stikstof, nie. Die figuur illustreer die vaatjie-teorie (Liebig se wet). Mnr. Lou de Wet, voorsitter van die Helpmekaar-studiegroep, naby Leeudoringstad, het voorgestel dat die groep ondersoek instel na die gebruik van mikro-elemente.

Toe nie ’n gelukskoot!

Deur Phillip Venter en Jan Viljoen

Op verskillende plekke word oor en oor bewys:
Dit loon om gewasse met sinksulfaat en mikroelemente te behandel.

Dié artikel volg op die artikel wat oor die resultate wat die Helpmekaar-studiegroep met Zinchem se mikro-elemente behaal het (Mikro-elemente verstom mielieboere, LBW). Boere weet dit sit nie in elke man se broek om op droëland 7 ton mielies per hektaar te stroop nie.

Wel, dit is presies wat die Bambergers in die distrik Ottosdal met die hulp van sinksulfaat vermag het. (Sien tabel 1 vir die opsomming van die resultate behaal by die Bambergers).