27
May

Klop bloednier met ‘n bloedneus-uitklophou

KlopBloednier

KlopBloednier1

22
May

Bloednier en sy uitwerking op ‘n skaap

Bloednier en sy uitwerking

12
Mar

Bloutong op die keper beskou

DR JAN DU PREEZ. BESTURENDE DIREKTEUR: INSTITUUT VIR SUIWELTEGNOlOGIE

BlouTong3

Bloutong is ‘n akute insekgedraagde virus-siekte by skape, Die orbivirus, wat bloutong veroorsaak, het 24 tipes (stamme) bloutong-virusse waarvan 21 in Suid-Afrika voorkom. Bokke, beeste en wild is ook vatbaar vir blou-tong, maar kliniese (sigbare) tekens word selde gesien

Oordraging:

Bloutong word deur muggies (Culicoides spp,) oorgedra wat veral in die laaggelee dele by riviere en vleie uitbroei wanneer dit vogtig en warm is.

BlouTong4

 Voorkoms:

Bloutong is seisoensgebonde en kom in die middel somer en herfs voor, totdat die eerste ryp val. Die bloutongvirus oorwinter veraI in beeste. Inheemse skaaprasse,soos die Namakwa-Afrikaner, swartkoppersie en die karakoel, is minder vatbaar vir bloutong. Europeserasse, soos die Merino, is weer baie vatbaar. Warm en vogtige weersomstandighede bevorder die uitbroei van die muggies in hulle natuurlike blyplek (habitat) veral laagliggende areas, soos veral vleie, om panne, damme en riviere. Skape wat in sulke areas wei, se risiko om bloutong te kry, is baie groot. In sekere dele in Suid-Afrika waar strawwe ryp voorkom, verdwyn bloutong tussen Junie en Desember.

BlouTong2
Siektetekens:
Nadat die muggie die skaap gebyt het (bloedsuig) en die skaap met virusse besmet het, begin die skaap na vier tot ses dae ‘n koors ontwikkel (40,5°Ctot 42°C). Ander algemene siektetekens van bloutong is lusteloosheid, aptytverlies en vinnige asemhaling. Die slymvliese van die oe, neus en bek word rooi en die lippe begin swel. Die slymvliese van die bek en die tong kry later ‘n blourooi kleur en vlak seertjies kom voor op die bekslymvlies waar dit oor die tande skuur asook in die neusslymvlies. Die blou verkleuring van die tongslymvlies  het tot die naam “bloutong” aanleiding gegee.

Wanneer die onderste en die boonste lip met die vingers vasgevat en omgedop word, kan die seertjies duidelik gesien word.
Weens die degenerasie (wegkrimping) van die spiere, word dikwels gevind dat die nek van so ‘n skaap later krom trek, As gevolg van die ontsteking in die neusslymvlies, is die neusgate vuil en aangepak sodat die skaap moeilik asemhaal.

Hoefkroonontsteking (pododermatitis) kom voor waar die hoef aan die vel vaskom. Gevolglik is die skape styf en loop hulle moeilik. Die pote kan so seer word dat hulle selfs op hul kniee probeer loop en uiteindelik bly Ie. Hoefkroonontsteking
kan gesien word as ‘n rooi Iyn waar die vel aan die hoef vaskom. Dit is duideliker sigbaar aan die agterkant van die hoef. Om
die hoefkroonontsteking duidelik te kan sien, moet die hoef deeglik met ‘n nat lap skoon gemaak word.

Ontsteking is ook duideliker sigbaar by ‘n ligte hoef as by ‘n donker een. ‘n Breek word ook in die wol aangetref en skape kan soms selfs hul hele vag verloor. Die abnormale wolgroei, wat die gevolg is van ‘n velontsteking (dermatitis), word drie tot ses weke na die siekte voorgekom het, eers waargeneem.

BlouTong1

Diagnose en nadoodse tekens:

‘n Veearts moet genader word om nadoodse ondersoeke te doen en te bevestig wat die oorsaak van die vrektes was. ‘n Diagnose word gemaak volgens die geskiedenis, kliniese voorkoms asook die demonstrasie van teenliggaampies
en virusisolasie.

Bloeding in die wand van die longslagaar waar dit die hart verlaat, is ‘n tipiese teken van bloutong. Die longslagaar kan maklik gekry word deur die regterkant (die sagte kant) van die hart van onder na bo oop te sny. Nog nadoodse tekens is ‘n geswolle milt en waterige longe (skuim in die lugpyp). In die spiere kan bloedings, watersug en bleek, gestreepte areas waargeneem word.

Behandeling:
‘n Veearts moet onverwyld genader word sodat die korrekte behandeling vir die siek skape gegee kan word. Dit is belangrik om die skape simptomaties te behandel. Die skaap se bek en tong is gewoonlik te seer om te vreet en sy pote te seer om te loop en kos te soek.
Die eerste behandeling is dus om die diere in’n klein kampie te sit waar skaduwee,groenvoer en water naby is. Hulle moet so min as moontlik hanteer word. Koorswerende middels en pynstillers kan aangewendword. Omdat daar baie vog op die longe is, is die diere geneig lot longontsteking vanwee sekondere bakteriese besmetting. Om die rede word aanbeveel dat so ‘n skaap met ‘n antimikrobiese middel behandel word.
Immuniteit:
Die 21 tipes (stamme) bloutongvirusse in Suid-Afrika verskil almaI immunologies van mekaar. Indien ‘n skaap met een tipe virusentstof geent is, sal dit nie beskerming teen ‘n ander tipe virusbesmetting gee nie.

Skape moet teen al die tipes virusse ingeent word vir totale beskerming. As ‘n skaap bloutong gekry het van ‘n spesifieke stam van die virus, kan hy weer bloutong opdoen wat deur enige van die ander bloutongvirusstamme veroorsaak is, in welke geval die siekte gewoonlik matiger sal wees. Kruis-immuniteit tussen bloutongvirusstamme is swak en daarom word soveel stamme moontlik in die entstof ingesluit.
Voorkoming en beheer:

Ent skape drie weke uitmekaar in met bloutongentstof wat bestaan uit drie dele. Die drie entstowwe (A, B en C) bevat elk vyf verskillende stamme van die belangrikste bloutongvirusse. Moenie die drie entstowwe (A, Ben C) meng nie. Bloutongentstof verleen ‘n redelike lang immuniteit en daar kan met die inenting begin word sodra die ooie in die winter klaar gelam het. Lammers van ingeente ooie moenie voor ses maande ouderdom ingeent word nie, want die bies (passiewe) immuniteit duur ses maande. Onqeente ooie se lammers kan op vier weke oud al ingeent word.

Beplan die lamseisoen sodat die ooie gedurende die piek bloutongseisoen (herfs en somer) lam. Die lammers van ingeente ooie is dus beskerm teen bloutong. Hierdie lammers word dan gedurende die lente ingeent wanneer hulle ses maande oud is.

Ent lentelammers so laat as moontlik in, maar wel voor die piek bloutongseisoen. Die laaste van die inenting moet verkieslik
een maand voor die piekseisoen gegee word. Bloutongentstof kan in kombinasie met ander bakteriese entstowwe, soos bloednier of ensootiese aborsie, gegee word asook met ander behandelings,soos dosering of dip, om die hantering van die skape te beperk.

Dragtige ooie moenie in die eerste tien weke van dragtigheid ingeent word nie, omdat die entstof breinontwikkeling in die fetus benadeel en lammers wat “dom” is gebore word. Begin om ooie nege weke voor die teelseisoen in te ent. Ramme moet na die teelseisoen ingeent word. Die ram moet sy laaste inenting twee maande voor die dekseisoen kry. Indien skape gedurende ‘n bloutong-uilbreking ingeent word, moet daar versigtig te werk gegaan word. Gebruik ‘n steriele naald vir elke inenting sodat die siekte nie van skaap tot skaap oorgedra word nie.

Verskuif skape uit vleie na hooggelee gebiede en hou die skape snags in ‘n skuur – die Culicoides muggies gaan nie geredelik daar in om ‘n bloedmaal te neem nie. Behandel ook die diere met insekwerende middels.