Verpilde, Koolstof verrykte RESCUE:

DIE PERFEKTE GRONDKONDISIONEERDER VIR: Tuinbou, Wingerdbou, Gras- en setperke, Graan- en rygewasse, Vrugte- en neutboorde

Bewerkbare landbougrond is wêreldwyd ’n skaars kommoditeit. Van ons vrugbaarste landbougrond word toenemend onbeskikbaar om aan die wêreld se groeiende voedsel sekuriteits krisis te voldoen.

Die belangrikste aspek wat aangespreek moet word is roofl andbou wat ’n diepgewortelde kultuur wêreldwyd is. Roofl andbou is die situasie waar boere elke jaar deeglike en goeie bewerkingspraktyke toepas, altyd volgens aanbeveling bemes, goeie onkruidbeheer toepas, en waar die gewasse netjies in rye of boorde, hektare vol staan. Tog word daar telkens op grondontledings uitgewys dat grondstruktuur swak is en die katioon uitruilvermoë van die grond laag is. Grondsterilisasiemetodes wat gebruik word om skadelike grondsiektes uit te skakel, elimineer egter ook voordelige organismes.

Die somtotaal van die jarelange praktyke is grond wat as dooie, koolstofvrye medium met min mikrobe-aksie sonder struktuur of waterretensievermoë beskryf kan word. Vinnige oplossings is nie meer volhoubaar vir die toestand waarin ons grond huidiglik verkeer nie. Vandag se boerderypraktyke moet daarop gefokus wees om dit waaroor ons beskik, in stand te hou. Grond moet optimaal bestuur word en lewe, koolstof en humus moet teruggeplaas word om aspekte rondom grondvrugbaarheid aan te spreek.

Die antwoord is om ’n strategie van “natuurlike grond oplossings” in plek te stel. In boeretaal beteken dit: Voed die grond sodat die grond die plant kan voed. Galltec se reeks van verpilde hoendermis produkte met lewendige mikrobes is ideaal geskik hiervoor. Met Galltec se tegnologie, tegniese ondersteuning en produkte word gepoog om grondpotensiaal weer te ontsluit. Galltec se tegnologie is daarop gefokus om te verseker dat produkte aan die hoogste kwaliteits vereistes voldoen en oor eienskappe beskik wat grond potensiaal in die breë aanspreek. Galltec se tegniese ondersteuning verseker dat probleemoplossings korrek en aanbevelings akkuraat gedoen word.

Die voordele vir die boer en vir sy bewerkbare grond is legio en kan daar gerus van Galltec se dienste en produkte gebruik gemaak word om ’n meer winsgewende en volhoubare vennootskap te maak.

16