Genesis-projek

WAT IS GENESIS?

GENESIS is ‘n reeks funksionele voedsel- en drinkbare produkte wat wetenskaplik geformuleer is spesifiek vir mense wat onder ekstreme toestande leef en dus bogemiddelde voedingsvereistes het. Alle GENESIS-produkte word geformuleer met ‘n unieke gepatenteerde en klinies getoetsde funksionele bestanddeel, genaamd Sel-Plex PLUS. GENESIS het die eksklusiewe wêreldwye regte op hierdie produk.

 

MAATSKAPPY-AGTERGROND

GENESIS het in 2013 in Durban, Suid-Afrika, tot stand gekom. Die stimulus agter die skepping van die handelsmerk was die strewe om ‘n voedsame, gesonde kitsmaaltyd te skep vir werkers in bedrywe soos die mynwese, sekuriteit, vervoer en verdediging. Om te slaag, moes GENESIS se formule kitsklaar, smaaklik, immuun-bevorderlik, dieetkundig gebalanseerd en “volledig” wees – en gereed vir inname deur dit eenvoudig met water te meng. Die unieke poeierformule was noodsaaklik vir die suksesvolle vervoer en berging van die produk. Belangriker nog – dit moes smaaklik wees en in ‘n verskeidenheid geure kom.

 

DIE GENESIS-VISIE

Om die voorste verskaffer te word van gespesialiseerde, voedsame, bekostigbare (funksionele) voedseloplossings vir die myn-, verdediging-, sekuriteit en vervoerbedrywe, asook gebiede van rampverligting.

 

GENESIS-WAARDES

GENESIS werk volgens die hoogste etiese standaarde en is verbind tot volkome integriteit. Daarom is die manier waarop ons onderneming bedryf vir ons belangrik. En daarom het ons vir ons ‘n reeks waardes daargestel waartoe ons onderneming te alle tye verbind is.

 

ETIEK EN INTEGRITEIT

In alles wat ons doen en sê sal ons die hoogste standaarde van etiek en integriteit handhaaf.

 

WETENSKAP AGTER ALLES WAT ONS DOEN

Ons hele produkformule, asook al die aanbevelings wat ons omtrent voeding en dieet maak, is ferm wetenskaplik gegrond.

 

WERKTEMPO

Vandag se besigheidsomgewing is vinniger en meer veeleisend as ooit tevore. Ons is diep bewus hiervan, en daarom is ons trots op ons vermoë om projekte vinniger as ons mededingers te voltooi.

 

TEIKEN-MAALTYE

Die GENESIS- produkreeks is gemik op ‘n verskeidenheid maaltye, soos hieronder uiteengesit:

 ONTBYT

  • GENESIS-poeier (gemeng met water of melk) is ‘n ideale voedsel om die dag mee te begin.

MID-OGGEND OF -MIDDAG PEUSELHAPPIE

  • GENESIS se dubbelpak is ideaal as ‘n mid-oggend en/of mid-middag peuselhappie.

MAALTYDVERVANGING

  • GENESIS kan enige tyd in plaas van ‘n maaltyd geneem word.

GEBRUIKSINSTRUKSIES

‘n Belangrike voordeel van die “poeier”-formaat van GENESIS is dat dit op verskeie maniere geniet kan word:

  • As ‘n maaltyd (in ‘n bakkie), gemeng met warm of koue melk, of water. Die verhouding van poeier tot vloeistof kan aangepas word om die gebruiker se smaak te pas.
  • As ‘n skommeldrinkie, gemeng met koue melk, water, vrugtesap of jogurt.
  • As ‘n “smoothie”. Stukkies vrugte en ysblokkies kan by ‘n GENESIS-skommel gevoeg en versap word.

WIE KAN GENESIS GEBRUIK?

GENESIS is spesiaal geformuleer om deur enigiemand gebruik en geniet te word:

  • Kinders
  • Volwassenes
  • Mense wat gluten-intolerant is
  • Diabete
  • Mense wat aan wanvoeding ly