Mangoproduksie en die jelliepit kopseer

Chantal Forssman

Deur Marné de Vries
Hoof Hortoloog en Grondkundige
Agri Technovation

Mango’s word oor ‘n wye gebied in Suid-Afrika verbou. Die belangrikste produksiegebiede is in die Noordelike provinsies, waar 60% van die totale landwye produksie van dié kultivar verbou word. Die wêreld se mango produksie is huidig gemiddeld 22 miljoen metrieke ton per jaar – inderdaad ‘n baie gewilde vrug. Dit is dus belangrik om hierdie populêre vrug as ekonomiese bate te beskerm en volhoubaar in Suid-Afrika te boer.

Mango’s vorm deel van die Anardiaceae familie, saam met Kasjoe- en Pistachio neute, en Maroela bome. Dit is ‘n diploïede plant met 20 chromosoompare en produseer sade met verskeie geneties-identiese embrio’s. Dit word beskou as ‘n lang tapwortelboom (wortels tot 6m) maar het vlak voedingswortels wat donker van kleur is.

Die bome kan oor lang tydperke oorleef in moerasagtige toestande, maar sal ook oorleef in warmer en droër areas: gebiede met ‘n jaarlikse reënval van minder as 300mm en temperature van tot 45°C. Laer temperature kan veroorsaak dat die vrugte tot ongeveer gholfbalgrootte ontwikkel, geel word en afbreek. Kouer omstandighede kan dus lei tot ‘n afname in totale opbrengs.

Faktore wat mangobome beïnvloed

Die lae opbrengs van mango’s in tropiese gebiede kan toegeskryf word aan onsuksesvolle blominduksie. Opbrengs in subtropiese gebiede is gewoonlik betroubaar, maar vrugset is dikwels swak.

Die regte bestuurspraktyke soos byvoorbeeld snoei, besproeiing, voeding sowel as peste en plae beheer kan egter ʼn groot invloed op produksie hê.
Ten spyte van uitgebreide navorsing oor die faktore wat verband hou met blominduksie, blom- en vrugset, is daar min vordering gemaak om ʼn oplossing te vind vir betroubare en verhoogde gewasproduksie.

Die omgewing kan ʼn groot invloed op die opbrengspotensiaal van gewasse hê, veral met betrekking tot die bepaling van kritieke gebeurtenisse soos die reproduktiewe prosesse van die plant.

Die sukses van hierdie stimuli hou verband met die sensitiwiteit van die genotipe, wat uiteindelik deur opbrengs in enige gegewe omgewing weerspieël word. Sterk genotipiese x-omgewingsreaksies binne en tussen die embrio-groepe van mango-kultivars kan ʼn positiewe invloed op opbrengs hê. Die effek van lae temperature en water tekort op blominduksie speel ook ʼn belangrike rol. Dit word oor die algemeen aanvaar dat dag en nag temperature onder 20/15°C sal lei tot blominduksie. (Bron: International Society for Horticultural Science)

Mangobome presteer verskillend, afhangend van die tipe grondsoort. Die boom ontwikkel dikwels ‘n redelike sterk tapwortel kort na planting. Die wortel kan groei tot dit ʼn grondwatertafel bereik en kan, onder gunstige toestande, die grond 4m tot 6m diep binnedring. Die boom se reaksie op die grondsoort sal wissel, afhangende van die omstandighede waaronder die mangoboom groei (met ander woorde droëland of onder besproeiing).

Dit is dus baie belangrik om seker te maak dat die grondbewerking korrek gedoen word, dat die regte grondvoorbereiding plaasvind en dat die regte kultivar vir die grondtipe gekies word.

Maak seker dat ʼn grondkundige ʼn goeie grond evaluasie doen om seker te maak dat die mees gepaste kultivar met die korrekte spasiëring, besproeiing en bewerking, op die regte plek geplant word om só goeie groei en opbrengs te bevorder.

Jelliepit-bestuur

Jelliepit word dikwels verwar met oorryp vrugte. Dié afwyking kom meer in Tommy Atkis en Sensation kultivars voor, maar word soms ook gevind in Zill- en Kent kultivars. Die ontwikkeling van jelliepit word geassosieer met die rypwordingsproses. Die weefsel (eetbare deel) van die vrug rondom die pit disintegreer in ’n jellierige massa. In die meeste gevalle word die hele vrug daardeur geaffekteer. Die geaffekteerde weefsel het gewoonlik ’n onaangename smaak en reuk. Jelliepit word uitgeken daaraan dat die vrug vroeg ryp word terwyl dit nog aan die boom hang. Die jelliepit-afwyking gebeur vroeg in die seisoen en is gewoonlik die gevolg van ʼn voedingswanbalans. Dit moet dus vroegtydig voorkom word.

Die mees algemene voedingtekort wat tot jelliepit kan lei is ’n tekort aan Kalsium (Ca). ʼn Verdere faktor wat die risiko van die voorkoms van jelliepit kan verhoog, is die oormatige toediening van Stikstof (N). ʼn Wanbalans in die grond sowel as in die boom, tesame met die natuurlike groei-omstandighede en die aard van die verskeie kultivar tipes, is almal faktore wat kan bydra tot die voorkoms van jelliepit.

Agri Technovation se MySoilClassification™-diens maak dit moontlik om grond fisiese kaarte met grondbewerking, plantbeskikbare waterkapasiteit, effektiewe worteldiepte, moontlike anaërobiese toestande en blokgroottes te analiseer.

Voorkoming van jelliepit

Vir die voorkoming van jelliepit moet ʼn holistiese benadering gevolg word. Daar is verskeie stappe wat gevolg moet word, hier volg ‘n paar punte wat in ag geneem moet word.

  • Let op besproeiing. Maak seker die besproeiing word korrek gedoen en
    volgens die grondtipe se beskibare water kapasiteit.
  • Maak seker daar word gedetailleerde monsters van die grond geneem om seker te maak dat die verhoudings sowel as die elementstatus in die grond korrek is.
  • Dra goeie kennis van die spesifieke kultivar waarmee gewerk word. Sekere kultivars is meer vatbaar vir jelliepit as ander.
  • Doen gedetailleerde blaarontledings om die elementstatus in die boom te bepaal en daarvolgens ʼn deurdagte besluit gebaseer op relevante inligting te kan maak.
  • Neem al die relevante inligting in ag met betrekking tot die area en die geskiedenis van die boord ten einde die regte besluite rakende ʼn gepaste voedingsprogram te kan neem, gebaseer op hierdie inligting.
  • Stel ‘n holistiese voedingsprogram op wat alle elemente in ag neem om seker te maak dat kalsiumvlakke voldoende is.
  • Maak ook seker die ander elemente is in balans en dat die boomstatus en boomgesondheid optimaal is.
  • Spuit Calcinator™of strength op sensitiewe kultivars om selwandsterkte te bou, sowel as rakleeftyd te verhoog.

Met die tegnologie, kennis en ondervinding in Agri Technovation asook Laeveld Agrochem se span spesialiste, is daar geen rede om jouself te bemoei met die kopseer van die jelliepitafwyking nie. Die uitdrukking “Voorkoming is beter as genesing” is in die geval van mangoproduksie baie waar. Moet dus nie huiwer om ons te kontak as jy met hierdie jelliepit kopseer sukkel nie, of indien jy enige vrae het wat verband hou met mango opbrengs en kwaliteit.