Direkteure
NICK LIEBENBERG
Nick Liebenberg het ‘n bedryfsadministrasie-agtergrond van Wits Besignheidsskool en is ‘n stigterslid van Laeveld Agrochem. Nick is die hoof uitvoerende beampte met meer as 47 jaar ervaring in die gewasbedryf. Hy het twintig jaar van sy loopbaan by Bayer Crop Science op ‘n nasionale basis deurgebring, waarvan die laaste jare as kommersiële bestuurder van Bayer Suid-Afrika (verkope en bemarking).
CORNÉ LIEBENBERG
As direkteur het Corné Liebenberg ‘n BCom Honneursgraad in Bemarking aan die Universiteit van Pretoria behaal en hy is ‘n stigterslid van Laeveld Agrochem. As direkteur wil Corné Laeveld Agrochem ‘n markleier hou met unieke innovasies, produkte en nuwe tegnologie om die verwagtinge van kliënte te oortref.
JANTJIE BOUWER
Jantjie Bouwer het ‘n graad in BCom Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sedert 1999 het Jantjie en Corné verskillende ondernemings bedryf, waarvan Laeveld Agrochem die belangrikste is. Jantjie is een van die sleutelrolspelers in administrasie en strategiese ontwikkeling.
Liezel Allers
Liezel Allers is ‘n Direkteur en Menslike Hulpbronnebestuurder by Laeveld Agrochem (LAC). Sy is al die afgelope 30 jaar by LAC betrokke. As Personeel Hoof is sy verantwoordelik vir alle aanstellings, hersiening van personeelvoordele en om die groeipotensiaal van personeel te verseker. Liezel dien ook as voorsitter op die volgende komitees: Maatskaplike en Etiese Aangeleenthede Komitee, Vergoedingskomitee en Diensbillikheidskomitee.
Bestuurders
Chris Thompson
Chris Thompson het studeer vir ‘n BSc Landbou-graad aan die Pietermaritzburg Universiteit. Hy was 17 jaar saam met Bayer in R&D, tegniese, bemarkings- en kommersiële funksies. Hy het in 2004 by LAC aangesluit en sy huidige rol is tegniese bestuurder vir gewasbeskerming en markontwikkeling in die Noordelike gebied van RSA.
Phillip Venter
Phillip Venter het n Meesters graad in volhoubare landbou deur die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Hy vervul die rol as Plantvoedingsbestuurder by Laeveld Agrochem sedert 2013. Sy fokus is om dienste en produkte beskikbaar te stel deur die LAC kanaal, om almal in die waarde ketting te help om meer volhoubaar te wees. Daar word gestreef na portefeulje groei en holistiese oplossings wat meer omgewings vriendelik, – sosiaal aanvaarbaar en winsgewind is.