BROADSTRIKE* 800 WG Onkruiddoder – Wye aanwending!

Laeveld Agrochem

BROADSTRIKE* 800 WG ONKRUIDDODER – WYE AANWENDING!

BROADSTRIKE* 800  WG, as voor-opkoms toediening, beheer geharde onkruide in droëbone, sojabone en grondbone wat ongewenste onkruidkompetisie vroeg uitskakel. Lae dosis wat wissel van 18 g tot 42 g / ha van hierdie doeltreffende produk word toegedien.

Uitstekende beheer van wye verskeidenheid breëblaaronkruide soos bv. gewone misbredie, porslein en klein kakiebos word verkry. Selfs die moeilik beheerbare Tribulus dubbeltjie en laat ontkiemende kakiebos word lank na toediening steeds goed beheer.  In tenkmengsel met verskeie grasdoders, volgens die etiketaanbevelings, word feitlik al die belangrikste eenjarige grasse ook beheer.

In mielies word BROADSTRIKE* 800 WG na opkoms aangewend in tenkmengsels met  verskeie breëblaar- en grasdoders om ? verskeidenheid breëblaar- en grasonkruide te beheer.

Wisselbou aanpasbaarheid is uitstekend, met gunstige kort wagperiodes vir verskeie gewasse wat aangeplant word, soos bv. aartappels, graansorghum, sonneblom en koring.

BROADSTRIKE* 800 WG bevat flumetsulam (triasolopirimidien sulfonanilied) (Reg. Nr. L6180, Wet 36/1947) Versigtig. *BROADSTRIKE is die handelsmerk van Dow AgroSciences LLC, Reg. nr. 1967/007147/07