GLIFOSAAT – Versoenbare mikro-elemente

Laeveld Agrochem

SMART TRIO is ‘n nuwe tegnologie blaarvoedingsproduk wat 100% versoenbaar is met jou glifosaatbespuitings – en dit met die amptelike toestemming van Monsanto en Dow! Die produk voorsien noodsaaklike mikro-elemente (sink, mangaan en boor) deur tegnologie wat verhoed dat die glifosate of onkruiddoders bind met die mikro-elemente wat moontlik kristalle kan vorm en kan lei tot die verstopping van spuitkoppe. Die tegnologie maak dit dus nou moontlik om SMART TRIO saam met glifosate en ander onkruiddoders in dieselfde tenk te kan meng, sonder dat die werking van onkruiddoders benadeel word!

Wanneer ‘n plant gelyktydig blootgestel word aan meer as een onkruiddoder (wat glifosaat kan insluit), word die plant onder addisionele stres geplaas om self ook eers die gifstowwe te verwerk.  Die SMART-reeks is die enigste blaarvoedingreeks wat nie net versoenbaarheid en opbrengsverhoging bewys het nie, maar ook geen nadelige invloed op die werking van die onkruiddoders het nie.  Hoe meer onkruiddoders saam in die tenk is, hoe groter is die stres op die gewas en hoe beter is die SMART-reeks se reaksie!