Regoor Suid-Afrika, is onkruid ‘n groot bedreiging vir boere en die natuurlike omgewing.

Laeveld Agrochem

Regoor Suid-Afrika, is onkruid ‘n groot bedreiging vir boere en die natuurlike omgewing.

 

Onkruid kan moontlik inheemse habitatte vernietig, inheemse plante en diere dreig, natuurlike stelsels soos riviere en woude belemmer en plaas- en bosproduktiwiteit verminder. Grond- en waterbestuurders gaan ook dikwels materiaal-en arbeidskostes aan hul pogings om onkruid te beheer.

MAMBA DMA 480 SL is ‘n brëe spektrum sistemiese onkruiddoder wat hoogs effektief is in die doodmaak van onkruid en die uitwissing van ‘n wye verskeidenheid van ongewenste plante; insluitende grasse, breëblaar-, meerjarige- en houtagtige onkruide. Hierdie nuwe formulasie wat gepatenteer en eksklusief vanaf Dow Agro Sciences beskikbaar is, bevat ‘n derde-generasie glifosaat, nl. diemetielamien (DMA) sout. Met die insluiting van die bedryf se nuutste in glifosaat tegnologie, is MAMBA DMA 480 SL nie net veilig vir gebruikers en lede van die publiek nie, maar het ook ‘n lae omgewingsinvloed .

Hoe werk dit?

MAMBA DMA 480 SL word hoofsaaklik deur die blare in die plant geabsorbeer, maar ook deur sagte stengel weefsel. Die glifosaat beweeg dan deur die hele plant waar dit op verskillende ensiem sisteme werk om aminosuur metabolisme te inhibeer deur wat bekend staan as die “Shikimic suur roete”. Hierdie roete bestaan in die hoër plante en mikro-organismes, maar nie in diere nie. Plante wat met glifosaat behandel is, sterf stadig oor ‘n tydperk van dae of weke en omdat die chemikalieë deur die hele plant vervoer is, oorleef geen deel nie.

Kenmerke:

  • Maklik hanteerbare formulasie
  • Lae skuim
  • Lae viskositeit, voordelig vir gebruik selfs by laer temperature
  • Goeie tenkmengselverenigbaarheid, veral met fenoksie onkruiddoders
  • Hoë lading aktiewe bestandeel
  • Logistieke voordele
  • Behandel meer hektaar/houer
  • Minder vervoer-,verpakking-, bergings- en hanteringskostes
  • Maksimum lading bevorderingsmiddels
  • Eksklusiewe gepatenteerde mengsel van moderne bevorderingsmiddels
  • Uitmuntende opname en reënvastheid
  • Lewer konsekwente en bewese breëspektrum onkruidbeheer
  • Kan by glifosaat-tolerante mielies toegedien word

 

Mamba DMA 480 SL contains glyphosate (dimethylamine [DMA] salt [caition]) Reg no. L8388, Act no. 36 of 1947)