Algemene navrae

Jeanette Nel
jnel@laeveld.co.za
Tel: 012 940 4398

Finansiële navrae

Rudi Allers
rudi@laeveld.co.za
Tel: 012 940 4398

Hoofkantoor

Bestuur
Tel: 012 940 4398

Kontak Laeveld Agrochem vir enige navrae, of voltooi ons kontakvorm sodat ons jou kan kontak.

Besturende direkteure & bestuursbeamptes

nick-liebenberg

NICK LIEBENBERG

Hoof Uitvoerende Beampte

Nick Liebenberg kom vanuit ‘n besigheidsadministrasie-agtergrond by Wits Business School en is ‘n stigterslid van Laeveld Agrochem. Hy is die hoof uitvoerende beampte met meer as 47 jaar ervaring in die gewasbedryf. Hy het 20 jaar van sy loopbaan op ‘n nasionale grondslag by Bayer Crop Science deurgebring, die laaste jare daarvan as handelsbestuurder van Bayer Suid-Afrika (verkope en bemarking).

corne-liebenberg

CORNÉ LIEBENBERG

Direkteur: Bemarking

Corné Liebenberg het sy BCom Honneursgraad in Bemarking aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Hy is ‘n stigterslid van Laeveld Agrochem en in sy hoedanigheid as direkteur streef hy daarna om Laeveld Agrochem se markleiersposisie te behou deur unieke vernuwings, produkte en nuwe tegnologie wat kliënte se verwagtinge oorskry.

ian-mansfield

IAN MANSFIELD

Hoof van Aankope

Ian Mansfield het ‘n Honneursgraad in BSc Agric Entomologie aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy het 24 jaar lank by Syngenta en hul sub-maatskappye in navorsing en ontwikkeling, bemarking en verkope gewerk.

jantjie-bouwer

JANTJIE BOUWER

Direkteur: Finansies

Jantjie Bouwer het ‘n BCom Rekeningkunde-graad van die Universiteit van Pretoria. Sedert 1999 het Jantjie en Corné verskeie maatskappye saam bestuur, waarvan Laeveld Agrochem die vernaamste is. Jantjie is een van die sleutelrolspelers in administrasie en strategiese ontwikkeling.

rudi-allers

RUDI ALLERS

Direkteur: Krediet- en Personeelbestuur

Rudi Allers het ‘n graad in BCom Ekonometrie aan die Universiteit van Pretoria verwerf, en in 1993 by Laeveld Agrochem begin werk. As direkteur is hy verantwoordelik vir krediet- en personeelbestuur.

neel-rust

NEEL RUST

Bedryfshoof

Neel Rust het ‘n Honeursgraad in Besigheidsbestuur van die Universiteit Stellenbosch. Neel is ‘n deurwinterde besigheidsman met spesialiservaring in die landfboubedryf.

NOODBYSTAND

Noodnommers vir vergiftiging moet per SMS en nuusbrief aan alle ACDASA-lede versprei word. Beskikbare nommers is:

Tygerberg:  021 931 6127

Grifion Poison Information Centre:  082 446 8946

Bateleur noodnommer vir Syngenta-produkte: 083 123 3911