NisBoere A4 koffietafelboek

Nici De Beer

October 2021

Hierdie Nisboere-boek, wat oor die eerste ses seisoene van die gelyknamige trefferreeks op VIA (kykNET, kanaal 147) handel, vertel die verhaal van ’n mosterdsaadjie van geloof: die oortuiging dat enigiemand met ’n bietjie inspirasie en baie passie ’n betekenisvolle, volhoubare bestaan kan skep. Met hierdie boodskap as grondslag wou ons hoop bring aan ’n nasie wat tot die uiterste beproef word met talle uitdagings.

Die NisBoere A4 koffietafelboek is nou te koop vir R100 by jou Laeveld Agrochem-agent.