Want soms is ‘n nis-idee en ‘n klein lappie grond al wat mens nodig het om ‘n volhoubare bestaan te maak…

In Nisboere besoek aanbieders Anrich Herbst, Chris de Clerq en Simonia Magardie ongewone tipes boerderye dwarsoor die land en bied praktiese advies aan ander wat daarin belangstel om ook met kleinskaalse boerderye te begin.

Die program is geïnspireer deur Laeveld Agrochem se toewyding tot werkskepping en voedselsekuriteit.

Ons motivering

“Ons is deur die nood, en by uitstek die hongersnood in die land gemotiveer om, deur middel van Nisboere, werk te help skep en in die proses ook die kwessie van voedselsekerheid aan te spreek. Maar uiteindelik het daar nog baie meer gebeur, danksy ‘n klomp suksesverhale wat reeds baie mense gemotiveer het deur die onderliggende boodskap – ‘as húlle dit kan doen, kan ons dit ook doen’.”

Corné Liebenberg, bemarkingsbestuurder: Laeveld Agrochem

Besoek die webwerf

www.nisboere.co.za