Vinkel en koljander, staan opsy vir saffraan
(Agri Technovation)

Nici De Beer

Deur LJ Venter
Hortoloog
Agri Technovation

agritechnovation-small

Saffraan (Crocus sativus L.) vorm deel van die Iridaceae-familie en word beskou as ’n semi-meerjarige gewas. Die gewas is wêreldwyd bekend vir sy rooi stempels, wat beskou word as die mees gesogte en duurste spesery in die wêreld.

Elke blom lewer slegs drie stempels. Die rooi stempels van die saffraanblom word gedroog en word gebruik in die voedsel-, farmaseutiese-,
kosmetiese- en tekstielbedryf. Die gewas hou ook baie geleenthede vir Suid-Afrikaanse produsente in, aangesien die gewas ’n baie lae waterbehoefte het en oor ’n wye spektrum van grond- en klimaattipes geplant kan word.

Saffraanverbouing

Saffraanknolle word gewoonlik vanaf einde Februarie tot einde Maart geplant. Daar word aanbeveel dat die knolle op opge-erte beddings geplant word om te verhoed dat die knolle in die water staan. Dit is belangrik om die grond- tipe in ag te neem wanneer daar besluit word teen watter digtheid die knolle geplant moet word. Grondtipes hoog in klei moet teen ’n laer digtheid geplant word.6 Die knolle begin vanaf 21 tot 40 dae na plant spruit en blom. Een knol kan tot 3 keer per seisoen blom. Die blom moet binne 48 uur gepluk word, aangesien dit na 48 uur begin afsterf. Wanneer die blom gepluk is, moet die stempels verwyder en gedroog word. Die proses in die produksielyn is baie arbeidsintensief. Direk na oes begin die knolle reeds dogterknolle inisieer. Die dogterknolle groei vanaf die eerste week in Junie tot en met Desember.

Die knolle bly vir 3 jaar in die grond, waarna dit verwyder en oorgeplant word. Dit kan egter ook vroeër gebeur wanneer die populasie knolle in die grond te dig raak.6 Die knolle word op grond van massa en deursnee gesorteer. Die groeiseisoen strek dus vanaf opkoms tot die aanvangs van dormansie, wat ongeveer tussen 6 en 8 maande beslaan. Die grootte van die knol het ’n direkte korrelasie met die aantal blomme, stempellengte en stempelgewig.9

Saffraan het ’n baie lae waterbehoefte en benodig slegs 250 tot 300mm water per groeiseisoen. Besproeiing moet baie fyn bestuur word, aangesien die knolle baie sensitief is vir oorbesproeiing. Sodra die plante oorgaan in die vegetatiewe stadium moet besproeiing verminder word. Volgens Behdani3 word ’n 12-dae besproeiingsinterval as optimaal beskou vir saffraan verbouing. Grondtipe en fenologie moet egter hier in ag geneem word. Drupbesproeiing het die beste uitwerking op stempel- opbrengs (Mollafilabi et al., 2020).

Fenologie

Saffraanfenologie kan in drie fases opgedeel word volgens Kanth.7 Anders as meeste gewasse vind die reproduktiewe fase voor die vegetatiewe fase plaas.

Die reproduktiewe fase beloop ongeveer 20 tot 25 dae en begin met die aanloop van kouer temperature in herfs. Die is die belangrikste tydperk vir Saffraanprodusente aangesien dit die mees arbeidsintensiewe tydperk is, omrede die blomme geoes en die stempels verwyder moet word. Tydens hierdie fase is die knol ten volle die bron en lewer al die voedingstowwe aan die plant (Ali Behdani).2 In dié tydperk moet daar meer op bemesting deur die grond gefokus word, aangesien die wortels baie aktief is (Fallahi & Mahmoodi).4

Die tweede fase staan as die vegetatiewe fase bekend. Die fase hou vir ten minste 6 maande aan en strek vanaf die eerste blare ontwikkel tot die blare begin afsterf. Die fase kan ook al begin wanneer die reproduktiewe fase steeds aan die gang is, dus kan die blare saam met die blom uitkom (Husaini et al., 2010). Dit is in hierdie fase waar die knol geleidelik van ’n bron na ’n sink verander, en waar die blare begin koolhidrate produseer en af translokeer na die knol toe (Ali Behdani2). In hierdie tydperk moet daar baie meer op blaarvoeding gefokus word, aangesien die dogterknolle baie swak wortelstelsels het.4

Die finale fase is die dormante fase. Hierdie fase begin sodra die blare in die lente begin afsterf en eindig laatsomer of begin herfs.

Saffraan ‘starter packs’ slegs beskikbaar by Saffricon
www.saffricon.co.za

Lees meer oor saffraanverbouing by
www.laeveld.co.za/saffraan

Kleiner hoeveelhede
saffraanbolle beskikbaar by
www.dieplaaswinkel.co.za

Grond– en klimaatsvereistes

Saffraan kan in ’n groot verskeidenheid grondtipes verbou word. Die beste grond vir saffraan-produksie word beskou as goed- gedreineerde diep kalsiumryke grond (Skrubis, 1990), met ’n neutrale na alkaliese pH (6 tot 8) (Gresta).6 Grond met swak dreinering en wat geneig is om vir lang tydperke nat te bly, moet vermy word.

Aangesien saffraan ’n hoë waarde gewas is, moet daar op grond van die fisiese en chemiese eienskappe van die grond, die optimale area vir plant geïdentifiseer word. Dit kan met behulp van Agri Technovation se MYSOIL CLASSIFICATIONTM en ITESTTM SOIL chemiese kartering bewerkstellig word. Warm temperature tydens somer stimuleer blominisiasie en die laer temperature tydens herfs is nodig vir blomvorming (Fig 2).

Die ideale temperature vir goeie blom is aandtemperature van 6⁰C tot 8⁰C en 15⁰C tot 20⁰C tydens die dag in April en Mei (Molina
et al., 2005).

Dit is reeds duidelik in ’n Suid-Afrikaanse konteks waar daar baie variasie in die tyd van blomopkoms is na plant, asook die tydperk van blom. Met die MYFARMWEB™ Capture-toepassing word daar op ’n nasionale vlak data oor hoe saffraan in die verskillende areas en grondsoorte reageer versamel, om ’n beter oorsig oor saffraan se lewensvatbaarheid in Suid-Afrika te kry.

Die saffraan plantvoedingspak

K PHLOEM™ is ’n suiwer kalium-blaarvoeding wat spesifiek geformuleer is vir optimale opname en translokasie deur die plant. Dit word voor blom aanbeveel om die stempelkwaliteit te verbeter, asook om die kalium wat deur die blom verwyder is, aan te vul. K PHLOEM™ kan ook vanaf Julie tot September toegedien word om die translokasie van suikers vanaf die blare na die knol te bevorder.

FLAMMA™ word met opkoms aanbeveel om ’n goeie wortelstelsel te ontwikkel, aangesien saffraanplante geneig is om baie swak wortels te ontwikkel. Die aminosure in FLAMMA™ het ook ’n stresverligtingsvermoë, aangesien stres tydens blom ’n negatiewe uitwerking op
stempel-opbrengs het.

FLOWER POWER™ is hoog in boor (B) en molibdeen (Mo), die twee elemente wat ’n baie groot rol speel in blomkwaliteit. Boor speel ook ’n groot rol in kalsium-translokasie deur die plant. Daar was in ’n studie in Sirië bevind dat boor ’n toename in die knolmassa teweegbring, asook ’n toename in die aantal blomme die volgende seisoen (Rustom, 2018).

Bronne

  1. Akbarian, M. M., Sharifabad, H. H., Noormohammadi, G. & Kojouri, F. D., 2012. The effect of potassium, zinc and iron foliar application on the production of saffron (Crocus sativa). Annals of Biological Research, 3(12), pp. 5651-5658.
  2. Ali Behdani, M., Al-Ahmadi, M. J. & Fallahi, H.-R., 2016. Biomass Partitioning during the Life Cycle of Saffron (Crocus sativus L.) Using Regression Models. Journal of Crop Science and Biotechnology, 19(1), pp. 71-76.
  3. Behdani, M., Mahallati, M. & Koocheki, A., 2008. Evaluation of Irrigation Management of Saffron at Agroecosystem Scale in Dry Region of Iran. Asian Journal of Plant Sciences, Volume 7, pp. 22-25.
  4. Fallahi, H.-R. & Mahmoodi, S., 2018. Impact of water availability and fertilization management on saffron (Crocus sativus L.) biomass allocation. Journal of Horticulture and Postharvest Research, 1(2), pp. 131-146.
  5. Gracey, F., 2018. Growing saffron from crocus sativus bulbs. [Online]. Available at: https://www.farmergracy.co.uk/blogs/farmer-gracys-blog/growing-saffron-from-crocus-sativus-bulbs [Accessed 14 May 2021].
  6. Gresta, F. & Avola, G., 2010. Saffron stigmas production as affected by soil texture. Acta Horticulturae, pp. 149-152.
  7. Kanth, R. H., Khanday, B. & Tabassum, S., 2008. Saffron Production in Jammu and Kashmir. Directorate of Extension Education, pp. 170-188.
  8. Mahallati, M. N., 2020. Chapter 9 – Advances in modeling saffron growth and development at different scales. Saffron Science, Technology and Health, pp. 139-167.
  9. Ozel, A. & Erden, K., 2017. Determination of optimum corm size for Saffron) (Crocus sativus L.) and corm yield under the Harran Plain conditions. APRN Journal of Agricultural and Biological Science, pp. 236-240.
  10. Rostami, M. & Mohammadi, H., 2019. Morpho-physiological Response of Saffron (Crocus Sativus L.) to Particle Size and Rates of Zinc Fertilizers. Communications in Soil Science and Plant Analysis, 50(10), pp. 1250-1257.
  11. Sadanandan, A. & Hamza, 1998. India (Abs) 16th Word Congress on Soil Science. Montpellier, s.n.